Soek

Oppiwater 2016

Nuusbrief

  

     
     

BAIE BELANGRIK:  Dit is belangrik om ‘n 0 (nul) voor u besprekingsnommer in te sit wanneer u vir kaartjies bespreek.

 

 

KUNSTEFEES OP ‘N LUUKSE SKIP - NOU IN SY DERDE JAAR!

RSG en LEFRA PRODUKSIES bied met trots aan – ‘n volwaardige Afrikaanse kunstefees aanboord die luukse MSC Sinfonia!  Hierdie lekker Oppiwater Kunstefees-vaart sal plaasvind van 1 - 6 Mei 2016.  Ons vaar op teen die Namibiese kus en besoek Luderitz en Walvisbaai.  Lüderitz bied koloniale en Duitse Art Nouveau argitektuur met pikkewyne, haaie en robbe wat die kusgebiede habiteer, ‘n nabygeleë spookdorp, ongelooflike seekos en plaaslike bier!  ‘n Halfuur vanaf die skone Swakopmund is Walvisbaai, geleë op ‘n groot natuurlike lagune met flaminke en pelikane.

Die res van die tyd hou ons Afrikaanse Kunstefees vir die fynproewer met van die voorste kunstenaars, produksies, toneel, komedie, kabaret en musiekproduksies.  Dis uniek – ‘n kunstefees op ‘n drywende hotel met sy pragtige teater en verskillende kleiner venues.  Moet dit nie misloop nie. Alle etes ingesluit!  Lees gerus meer oor hierdie unieke vaart!

Produksies vir die Oppiwater Kunstefees 2016 word op Donderdag, 15 Oktober 2015 bekendgemaak.  Besprekings by Computicket.

Met trots aangebied deur:

   

in samewerking met:

 

 

   

Jou gashere vir 2016 is Martelize Brink en Johan Rademan van RSG, en Lefra Produksies se uitvoerende hoof, Frans Swart. Saam met die Lefra Produksies se bemarkingsbestuurder Charl Senekal.

Oppiwater 2017

Foto's

Koop nou jou Oppiwater foto's

van 2014 en 2015

Pakkette

JB Train Tours

Bespreek jou trein pakket na Oppiwater van Johannesburg.

Copyright � 2014. All Rights Reserved.