Lugrederye bied gratis vlugveranderings aan

Goeie nuus vir alle Oppiwater Feesgangers wat hul vlugte moet verander om by die Oppiwater Kunstefees wat nou uitgestel is van 25-30 Januarie 2021 te kom, is dat die meeste lugrederye so pas aangekondig het dat hulle die veranderings in vlugte gratis sal doen. Mango, SAA, Kulula en British Airways het so pas aangekondig dat as gevolg van die Coronavirus, sal mense wat vlugte wil verander dit gratis kan doen. Die Oppiwater Kunstefees moes noodgedwonge uitgestel word na 25-30 Januarie 2021 en Oppiwater Feesgangers se besprekings sal outomaties verander word na die nuwe datums. Lees meer hieroor:
Gaan gerus na www.oppiwater.co.za vir die nuutste inligting of skakel MSC by 087 630 0333.

 

Soek

RSG en Lefra Produksies se baie gewilde OPPIWATER KUNSTEFEES word vir die sesde jaar op die MSC MUSICA aangebied van 15 tot 19 April 2019. Vorige jare totaal uitverkoop – so bespreek vinnig om jou plek op hierdie drywende kunstefees te waarborg. Ons vaar vanaf Durban na Mosambiek toe en besoek die pragtige eiland, Pomene. Oppiwater is ‘n volwaardige kunstefees met meer as twintig van Afrikaans se topproduksies wat in verskeie lokale en teaters aangebied gaan word. Gaan besoek gerus www.oppiwater.co.za of bespreek by 0860 11 44 11. Vir meer inligting, epos Lefra aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. Vir die sesde jaar gaan ons Kunsskippie weer vaar en gaan ons feesgangers heerlik fees hou met teater, toneel, komedie, sang, musiek en dans. Die ideale manier om ‘n Kunstefees by te woon, want jou kos en verblyf is reeds by die prys ingesluit! NB: Neem asseblief kennis dat die Oppiwater Fooi jou toegang gee tot die Oppiwater Kunstefees, maar dit sluit GEEN kaartjies na produksies in nie. Met jou Oppiwater Fooi, kry jy wel gesubsidieerde en goedkoper kaartjies (van R20-R95 per kaartjie in teenstelling met kommersiële kaartjies van R160-R250) Kaartjies vir die verskillende produksie moet apart bespreek word by Computicket. Die Feesprogram sal teen 1 November 2018 beskikbaar wees. Feesgangers word aangeraai om vroegtydig hulle kaartjies by Computicket te bespreek. Daar sal kaartjies op die MSC Musica beskikbaar wees teen $15 (ongeveer R195) per kaartjie. So dit is beslis wys om eerder vroegtydig hier in Suid-Afrika by Computicket te bespreek. Skakel gerus vir Lefra Produksies by (011) 815 3000 vir meer inligting of epos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Bespreek vir Oppiwater

Oppiwater 2021

25 - 30 Januarie 2021

Bespreek telefonies by MSC Cruises by

087 630 0333


Bespreek nou vir Oppiwater 2021

5 - 9 April 2021

Bespreek telefonies by MSC Cruises by

087 630 0333

 

Nuusbrief

Copyright © 2016. All Rights Reserved.